ℹ️ Meer Inligting
Huis Agape Queenswood Pretoria is ’n privaat instelling wat fokus op liefdevolle, persoonlike en toegewyde versorging van bejaardes in ’n veilige en rustige omgewing. (Lang of kort termyn).
❓ Wat bied ons?
Ons bied 24-uur versorging met toesig oor medikasie toediening en ander persoonlike behoeftes soos ervaar deur bejaardes (stort, aantrek, voer, ens.).
Verder bied ons daagliks 3 volwaardige maaltye met ’n gebalanseerde spyskaart – heerlike boerekos!
Wasgoed is ingesluit op voorwaardes. ’n Maksimum van 20 mense word geakkommodeer. Elke kamer beskik oor ’n persoonlike wasbak en toilet. Bed en hangkas word voorsien of aangepas volgens behoefte.
Persoonlike toesig van verpakking van medikasie geskied onder beheer van ’n mediese suster. Toiletware en ander behoeftes soos doeke is uitgesluit.
✝️ Ons Waardes
Ons pleit daagliks God se beskerming en liefde oor ons instelling, personeel en almal wat vir ons omgee. Ons leuse is: “Gedult, Liefde en Verdraagsaamheid!”
Ons hou graag kerkdienste en word gediens deur die NG Kerk Leraars van Queenswood asook die AGS Encore gemeente van Hatfield se Pastore.
Verder vier ons graag fees en herdenk ons verjaarsdae terwyl die lewe ons toelaat.
Ons sien uit na elke nuwe dag met uitdagings en dank God vir Sy groot genade.