Sorging vir jou geliefdes met waardigheid

Huis Agape Logo

Huis Agape Queenswood Pretoria

Ons is n privaat instelling met 24 uur diens wat omsien na bejaardes wat nie op hul eie kan wees nie.


📍 Waar is ons?

Huis Agape Queenswood Pretoria
1212 Dormer Laan/Avenue
Queenswood
0186
Pretoria
Gauteng

❓ Wat ons bied:

Ons bied 24-uur versorging met toesig oor medikasie toediening en ander persoonlike behoeftes soos ervaar deur bejaardes (stort, aantrek, voer, ens.)

Verder bied ons daagliks 3 volwaardige maaltye met n gebalanseerde spyskaart - heerlike boerekos!

Wasgoed is ingesluit op voorwaardes. n Maksimum van 20 mense. Elke kamer bied die gerief van n persoonlike wasbak en toilet. Bed en hangkas word voorsien of verander na behoefte. Persoonlike toesig van verpakking van medikasie onder die beheer van mediese suster. (Toiletware en ander behoeftes soos doeke is uitgesluit).


✝️ Ons Waardes:

Ons pleit daagliks God se beskerming en liefde oor ons instelling, personeel en almal wat vir ons omgee. Ons leuse is "Gedult, Liefde en Verdraagsaamheid!"

Ons hou graag kerk dienste en word gediens deur Die NG Kerk Leraars van Queenswood asook die AGS Encore gemeente van Hatfield se Pastore.

Verder vier ons graag fees en herdenk ons verjaarsdae terwyl die lewe ons toelaat.

Ons sien uit na elke nuwe dag met uitdagings en dank God vir Sy Groot genade.


📞 Kontak Ons:

Christo Lombard

Christo Lombard

082 922 7887

huisagape@gmail.com


🖼️ Ons bly aktief!

Gallery Photo